Pisa se skewe toringtjie!

Goeie naand julle daar ver onder in Afrika

 

Terloops, regs bo op die tuisblad is daar ‘n nuwe EPOS adres indien iemand kontak wil maak!  En dan ook nuut is ‘n SEARCH opsie: indien iemand soek na ‘n onderwerp. Jy Tinkie, wie wil weet oor Amalfi kus: tik in “Amalfi” en jy sal die 2 posse vind re Amalfi kus.

 

Hier in Europa begin ons lente voel en dis wonderlik.  21 Maart is amptelik lentedag. April was nog nooit warm en droog nie – dus moet ons die sonnige dae wat ons tans ervaar, geniet!  As ek dink aan Afrika se rooi sonsondergange, mis ons dit en die klimaat in Afrika en die rooi grond in dele van SA en Namibië.  Daarenteen, het ek so lief geraak vir die groen heuweltjies in Italië met die donker bruin vrugbare grond, die veldblommetjies wat wild groei, die Kerktorings wat oral uittoring in die senter van die dorpies,  die berge wat in 3D uitbeeld in die verte………so mooi,  al is Tafelberg uniek in sy soort!

 

Nou die dag toe ek in die Iper Supermark parkeer het en my handsak in die motor los (deur oop) om gou die trollie terug te stoot na die ingang (ongeveer 20 mt), en wonder in RSA – kan dit gedoen word?  Hier waar die kinders in parke speel en baljaar – kan dit in SA gebeur? Sovele dinge wat ek werklik hier waardeer en geniet!  Natuurlik is hier BAIE dinge wat my “balls breek” soos die Italianers dit uitspreek.  Watse dinge?    Dat motoriste ‘n ander bestuurder NOOIT ‘n kans gee nie – nooit sal hulle wag dat die ander motor indraai voor hulle nie.  Dit gebeur het nie!  Ek het hoeveel kere die ander motor gewys met flikker ligte, handgebare:  “brother laat waai!” maar not te moer.  Hy/sy kyk na my of ek fouteer het – hulle ken dit nie!  Deesdae as dit gebeur, is dit ‘n buitelander wat dalk verstaan en die kans benut! Nog ‘n ding: dat, vir hierdie mense, ALLES ‘n gevaar inhou!  Byna alles!  Ek vertel altyd: gaan woon in Afrika en weet wat is GEVAAR!  Natuurlik is hier “gevare” – jis met al die indringers uit Oos Europa en Afrika!   Tog, voel ek noooooit ‘n gevaar nie.  As jy praat van trein haal, o dis gevaarlik!  As jy in die aand wil stap, o dis gevaarlik!   My goeiste……so oordrewe! Nog ‘n ding wat my balls breek, is die nougesetheid in die algemeen.  Goeiste tog, hulle weet net van hulle kultuur en gebruike!  Enigiets buite dit, is taboe!  Daar is NATUURLIK uitsonderings – verstaan my nie verkeerd. Daarom, wanneer julle mense hier toer, is dit wonderlik. Leef daarmee saam vir jare, irriteer dit jou!  Ek mag darem seker soms ook irriteerd raak dan nie!?!?!?!?

 

Op hierdie punt, kom ons vertrek eerder.  Wil julle so graag wys wat my sus en seun hier so spesiaal gevind het – die skewe toring van PISA (Leaning Tower of Pisa).  Dis die mooiste ou torintjie en soos die Eifeltoring, wil jy hierdie Pisa toringtjie in jou sak druk en saamneem huistoe……Pisa is nie so onaardig as wat mense vertel.  Ons het oorgeslaap en heerlik die dorp platgestap en die aand pizza gaan eet. (Was vrek warm in Junie) en mens eet NIE pizza in Toskana nie maar ek het gelos aangesien sus hulle lus was vir Pizza.  Die pizza het geproe soos ‘n “klap voor die gat”.   Die kort treinrit die volgende oggend vanaf Pisa sentrale stasie na Rome was ‘n pragtige rit!

 

KLIEK OP FOTOS OM TE VERGROOT!

IMG-20160627-WA0031

BO: Ek het darem EEN regte foto geneem van sus met die Toring in haar hande…

 

 

Illona en Theunis Italy 2016 001 Illona en Theunis Italy 2016 002

 

 

 

 

 

 

 

Mense, julle het geen idee hoe WARM dit op hierdie dag was nie.  En net te veel toeriste maar ai, so mooi. En almal probeer die bleddie toring regop druk……

Immagine correlata

BO: Foto geleen uit internet!  AS jy natuurlik kan spring soos ‘n haas…….gee hom komplimente: hy KAN!

Illona en Theunis Italy 2016 010 Illona en Theunis Italy 2016 016

 

BO: kyk daar waar seun sy hande “druk” naby die klein halfmaan bogies – onder is fotos van die detail nader gezoom daarvan:

 

Illona en Theunis Italy 2016 006 Illona en Theunis Italy 2016 004

 

Illona en Theunis Italy 2016 020

BO: Sus se profiel geneem uit die Baptistery oorkant die Katedraal

IMG-20160627-WA0028

BO: Ek en seun in die Baptistery oorkant die Pisa Katedraal

Illona en Theunis Italy 2016 024 Illona en Theunis Italy 2016 025

Die pleine wat grens aan die Katedraal en Leaning Tower, is oortrek van verkopers en soevenier stalletjies.  Regs is sus en seun op een van vele brûe van die rivier deur Pisa. Snaakse dorp eintlik…….geseënd met die bleddie mooi Toringtjie.

IMG-20160627-WA0038 IMG-20160630-WA0026

BO: Links is die plein met die pragtige ou muur en regs: ons het lanklaas ‘n KOUER BIER SO geniet as hier in die Bar en die Barman het reggemaak vir die rugbywedstryd tussen Italië en Frankryk ……

IMG-20160627-WA0018

RIVA:  nogal Pastaman se van…..

Hieronder is ‘n link indien julle meer wil lees omtrent die geskiedenis van die Toring en Pisa.

http://www.towerofpisa.org/leaning-tower-of-pisa-facts

Immagine correlata

BO: Foto geleen uit internet

BO: Foto geleen uit internetRisultati immagini per images of pisa italy

 

 

 

 

Posted in Uncategorized | 1 Comment