Die Engelse en hulle blomme

Vir diè van julle wie hou van BLOMME, moet nou nie flou val nie – ons weet Engeland is groen en vol blomme, maar jis, ons was bevoorreg om die mooi dorpie MORPETH naby Newcastle (ver noordoos) te besoek want my niggie woon daar.   Ek kon nie genoeg fotos neem nie van die blomme in die publiek in Morpeth.  Sjoe ongelooflik.  Dis basies hangbakke gemaak uit begonias, petunias en “fior di vetro” ah wag, impatients!  Soms haak en vas en moet dit repie vir repie vat.  Hier ken niemand van impatients nie dis “fior di vetro” (glas blommetjies).  Ek moet erken: ons was gaande oor die noordelike deel van Engeland wat grens aan Skotland en sou dit graag weer wou ervaar.  Het so vinnig stukkie van Edenburg gesien wat pragtig is.  Koud vir Augustus brrrrrrrr!!!!!!!   Wil nie weet hoe dit nou is in Februarie nie.

KLIEK OP FOTOS OM TE VERGROOT

Exif_JPEG_420

Massiewe Begonias!

Exif_JPEG_420

Exif_JPEG_420

Die klimaat help verseker!

 

Dan is daar ander verrassing:

Exif_JPEG_420

Hierdie is miniatuur pophuisies – iets soos 400 jaar oud!

Exif_JPEG_420

Kompleet asof dit werklik is – ‘n vertrek in tipies Engelse huis

Exif_JPEG_420

Dan, vir diegene wie gaande was oor HARRY POTTER se verhale: hierdie is die kasteel waar die verfilming gedoen was in Noordoos Engeland:  ALNWICK KASTEEL .

“Harry first learns to fly a broomstick on the green grass of Hogwarts’ school grounds, filmed inside the walls of Alnwick Castle, located 30 miles from Newcastle. In The Chamber of Secrets, this is where the Weasleys’ flying car crashes into the Whomping Willow.”

Ongelukkig was dit baie nat daardie dag, maar ek het die Poison Garden souveniers baie waardeer!

Wat beteken The Poison Garden?  Dis een deel van die Alnwick Kasteel se tuine en behels die volgende:

“Plants such as the opium poppy and strychnine tree are being grown in a corner of Alnwick Garden, Northumbria – Hogwart’s in the Harry Potter filmsto warn youngsters about the dangers of drug taking. Local schools will be offered free guided tours of the gardens, which were developed by Jane Percy, Duchess of Northumberland, as part of a drugs awareness programme.”

 

Exif_JPEG_420

Exif_JPEG_420

Exif_JPEG_420

My gunsteling!

 

Exif_JPEG_420

Boomhuis restaurant vir geleenthede bv. troues. Sprokiewèreld!

Exif_JPEG_420

Hangbrug op die gronde!

 

Vir diegene wie meer inligting soek, besoek:

https://www.alnwickcastle.com

 

Exif_JPEG_420

Teen die kus noordoos oppad na Edenburg saam Isabella – die Engelse roos met SA ma!

Onder:  In die agtergrond is die gronde van WALLINGTON – paradys om te kom wandel en die Huis te besoek. Dis waar ek die miniatuur pophuisies gesien het.  Wat ‘n belewenis om ‘n dag hier deur te bring en ons was so gelukkig met die WEER!!!

https://www.nationaltrust.org.uk/wallington

Exif_JPEG_420

Ek by my niggie uit Upington wie in Engeland woon – dis die plek waar die miniatuur pophuisies gekiek is!

Danksy my niggie, het ons die pragtige area van Northcumberland  leer ken en agtergelaat vir ‘n ander SA gesin in Kent wie se seun getrou het op 27 Augustus 2016.   Regte “barnhouse” troue en dit was SOOOOO WARM! 36 grade Celcius.  Ek het in die besonder die kruiwa idee geniet om koeldranke koud te hou. Daar was TOU GETREK!  Nog nooit ‘n troue gesien waar daar tougetrek word nie.  Dit was alles FUN!  Op die Engelse manier…..hahaaa

Exif_JPEG_420

Die Italianer is dors!

 

Image may contain: one or more people, people standing, tree, outdoor and nature

 

 

 

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Die Engelse en hulle blomme

  1. Joey says:

    Middag uit ‘n warm Strand! Ek hoop die wenspan van die toutrek kry ‘n prys. Dankie vir die mooi fotos. Ek het ook familie in Engeland en gelukkig vir skype kan ons gereeld gesels. Mooi dag vir julle! Joey

Comments are closed.