‘n Kykie na Rome!

Ja nee, as ek nie skryf, hoor ek dit!  As ek skryf, is julle stil!!!!!   Baie onregverdig maar ek vergewe julle!!!

 

Wag, ek moet julle gou neem na Rome.  Sus en seun was hier uit Namibië en so ervaar ek toe weer Rome. Ek was baie nuuskierig om te sien of die stad baie verander het sedert ek 15 jaar gelede daar was.  Dit was een wonderlike ervaring. WARM!  O hel. Ons het gou besef staan 10h00 op en gaan slaap teen 03h00!  Ons het die strate plat gestap in die aande sjoe. Dit was die beste tyd in Rome – SNAGS OP STRAAT! Ek gaan nie in diepte skryf nie.  Bloot net wys WAT Rome behels.

Hoogte punte:  Verseker was dit die besoek aan die Colosseum en Palatine Hill asook Piazza Venezia.  En natuurlik Trevi Fontein.

 

Laagtepunt:  besoek aan die Vatikaanstad en Museums!   Of dalk was daar in Julie net te veel toeriste.  Dit was GEEN plesier nie.   Net TE VEEL MENSE! EN WARM nee nee

 

Die treinrit vanaf Rome na Milaan met die Frecciarossa was een fantastiese rit sjoe!  Die 650 km word gedoen in net onder 3 ure.  Geen stoppe nie – non stop vanaf Rome na Milaan.  Wag, kom ons gaan kyk:

KLIEK OP FOTOS OM TE VERGROOT 

Illona en Theunis Italy 2016 098 Illona en Theunis Italy 2016 101

 

Bo:  Die Colosseum vandag

Illona en Theunis Italy 2016 084 Illona en Theunis Italy 2016 085

Die poster foto dui aan hoe die lewe was binne die Colosseum. Ondergronds het hulle diere aangehou teen wie die Gladiators geveg het om die inwoners te vermaak.

Illona en Theunis Italy 2016 114 Illona en Theunis Italy 2016 117

Bo:  Sus en seun bewonder die Roman Forum en Palatine Heuwels.  Oe dis wonderlik om die antieke mure en uitgrawings te sien. Ek sien toe hierdie seuntjie met die beste woorde op sy t-hemp:

Illona en Theunis Italy 2016 113

Illona en Theunis Italy 2016 134

Palatine Heuwel in die agtergrond!

Illona en Theunis Italy 2016 136 Illona en Theunis Italy 2016 159

Bo: Kulkunstenaars en regs, Rome by night!   Net te lieflik.

Illona en Theunis Italy 2016 057 Illona en Theunis Italy 2016 061

Illona en Theunis Italy 2016 065

My persoonlike gunsteling: Trevi Fontein (net TE VEEL MENSE!!!) en is geleë in ‘n klein plein tussen al die geboue.  Sus se oge het uit haar oge gepop toe sy dit sien!

Danksy ons B&B se aanbevelings, het ons saans gaan rondloop en eet by die Tiberina eiland in die Tivere rivier in Rome – stywe stappie vanaf die Colosseum en Piazza Venezia en terug na ons slaapplek naby die hoofstasie.  Daar was stalletjies met kos vanuit die hele wêreld en heerlike atmosfeer.

Illona en Theunis Italy 2016 144  Illona en Theunis Italy 2016 145

Links:  is die Tiberina Eiland in die rivier en ek het net betyds die motorfietsryers gekiek in die besige verkeer oor die brug in Rome.  Sus se seun vertel  hulle was nie beÏndruk met my foto nemery nie maar dis hierdie “steelfotos” wat die beste is!!!  Kyk daarna:

Illona en Theunis Italy 2016 147

Glad nie jongmense nie hoor!

Illona en Theunis Italy 2016 175  Illona en Theunis Italy 2016 170

Links: die bekende Kasteel en vanaf hier, kyk jy reg teen die grootste besienswaardigheid vas nl. St Peters Kerk.  Oe Rome is GROOT WONDERLIK ROME is ROME! En dit was super veilig om oral rond te stap enige tyd van die dag en nag.   Parys het pragtige brûe, maar Rome s’n is vir my net mooier!!!!!  Antiek en vol prag……sjoe

Illona en Theunis Italy 2016 174 Illona en Theunis Italy 2016 176

Illona en Theunis Italy 2016 180 Illona en Theunis Italy 2016 184

Prentjie mooi maar jy moet dit BELEEF!  Soos seun nou gedoen het en dis in sy bloed!

Illona en Theunis Italy 2016 189

Die twee Namibiërs bewonder die landskap terwyl die sneltrein saggies sweef oor die aarde terug na Milan.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to ‘n Kykie na Rome!

  1. Joey says:

    So bly ek het hierdie blog weer opgespoor. Het gedog jy het ‘n virus opgedoen. Groete uit die Strand onder die Helderberg. Joey

  2. Hi Joey! Hahaaaaaa ja dit was lange stilte…..jammer man!!! Lekker om te sien julle kuier saam hoor. Ek is verstom om te hoor van die droogte in die mooie Kaap. Mag die groot reèn aanbreek met Paasnaweek soos dit in my dae was. Gewoonlik is Paasnaweek die ommedraai van somer na herfs. Sterkte!

Comments are closed.