Oujaar in die Cinqueterre (Vernazza)

Dit klink asof julle wel saamlees – juis daarom bederf ek julle vanaand met een lekker kuier  hier in die nuwejaar!!!!   Ek is een hele jaar agter; dus begin ek by Jan 2017 en werk terug na 2016.  Ek moet ROME met julle deel in die volgende kuier.  Sus en haar seun uit Namibia het in Julie 2016 kom kuier (dit was sy eerste oorsese kuier en hy was MAL daaroor) en ek het baie om te deel.  Vergewe my stilte – 2016 was net te vinnig op my.  Krag het ontbreek.  Die toevloei van immigrante per boot na Italië is baie erg. Nog erger is die oorlog in Sirië met vlugtelinge oral na Europa.  Die uitroei van renosters in Afrika….ag te veel. Die hele ou wêreld is onderstebo!  Maar soos altyd, skakel ek die NUUS af en:  Ek trek dadelik weg met VERNAZZA! 

 

Die Cinqueterre bestaan uit 5 antieke dorpies geleë  aan die noordweste kant in Italië (net onderkant Portofino).  Kyk die volgende skets:

Risultati immagini per cinqueterre

Risultati immagini per cinqueterre

BO:  Foto uit internet van MANAROLA! Self baie mooi.

 

Ons gunsteling bly natuurlik Vernazza en waar ons altyd tuisgaan.  Ons het pas oujaar gaan hou in Vernazza en ek deel graag ‘n paar fotos.  In die somer is dit ongelooflik warm daar en duisende vakansiegangers!  Net te veel mense!  Die Suid-Afrikanders wie al deur die Cinqueterre was, kan net nie uitgepraat raak nie. Elke hoek en draai wat jy stap, gee ‘n ander verrassing.  Vir diegene wie baaaaie fiks is, kan jy stap van een dorp na die ander.  Die ergste en langste stappie is vanaf Monterosso na Vernazza.  Ons het paar jaar gelede, vanaf Vernazza gestap na Corniglia (aangename stappie) en toe verder na Manarola en Riomaggiore.  Toe die ferry geneem vanaf Riomaggiore  na Porto Venere en die ferry terug na Vernazza teen sonsondergang.

 

*****    KLIEK OP FOTOS OM TE VERGROOT *****

Exif_JPEG_420

Vernazza gekiek vanaf die pad na Monterosso

Ek wil nou nie vir ons twee blogger palle Antonette en Ouboet depressief maak nie want hulle verlang Vernazza erg!

Exif_JPEG_420

Kon my vererg toe diè man hom mooi kom plant voor my view maar ek kiek toe annerkant hom (foto bo!). Hy is heavy professioneel en het halfuur voor sonsondergang al begin staanders, lense, ens. uitgehaal vir die groot oomblik!!!!!

Exif_JPEG_420

Geneem vanaf die begraafplaas (op my eenvoudige Chinese selfoontjie!)

Exif_JPEG_420

Pragtige uitsig bo vanaf die begraafplaas – en hier kan ek vir ewig slaap…….!

Exif_JPEG_420

Vernazza gekiek op die pad na Corniglia

Exif_JPEG_420

So ken julle Vernazza nie (onder Kersliggies!)

Exif_JPEG_420

Hiermee vervoer hulle vrugte vanaf die heuwels……ongelooflik!

Exif_JPEG_420

Drywer en vrugte hardloop op hierdie kabel op dun stawe….nee nee ek ry nie saam nie! Soos my niggie antwoord: “nee o moer, val jy in daai kaktusse…! Dan stap ek eerder die bult af per voet” Hiehieeee

Exif_JPEG_420

Ver in die middel vd foto, sien julle waar hardloop die kabelspoortjie – ongelooflik! Ver agter op die foto, kan jy Montorosso sien.

Exif_JPEG_420

Die bekende grot in die senter was sonder water!!! En ons kon deurstap na die klein strandjie lieflik!!!!

Exif_JPEG_420

Vanwaar jy op die rotse sit en die sonsondergang geniet….

Exif_JPEG_420

Exif_JPEG_420

Die kombuis van ons huurwoonstel!

img-20161231-wa0083

Skuwejantjie was saam en sy het ‘n JOL gehad!!!

 

nnn

Katjie van die baan!!!!! oftewel “Hondjie van die dorp”

Exif_JPEG_420

Sien wat ek bedoel??

 

Exif_JPEG_420

Ver agter is die pad na Vernazza – geen motors word toegelaat. Jy stap ongeveer 800 mt vanaf die parkering.

Exif_JPEG_420

So het die son gesak oor die Cinqueterre…..

Exif_JPEG_420

….en 2016 vaarwel toegeroep!

Exif_JPEG_420

Oppad terug kon ek gou vir Corniglia kliek ver onder

Exif_JPEG_420

Ons wil nie groet nie!  Ons kom altyd weer terug…….

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Oujaar in die Cinqueterre (Vernazza)

  1. Andre Oosthuizen says:

    Omtrent lank gewag gedog jy wil nie meer gesels nie.Net jammer die wandelpad was gesluit in 2013 toe ons daar was agv verspoelings.Dit lyk vir my ek het heelwat gemis en sal weer moet teruggaan.Die Cinqueterre is ongelooflik mooi en ek en Stef het ons gate uitgeniet.Die mense wat daar werk is ook baie behulpsaam en vriendelik.Wat ek mis is my stappie in die aande in Vernasse met al die pragtige geel ligte wat in die aande skyn.
    Die lekker brochuto en gelato sal ek ook nie vergeet nie.Groete Andre

    • MAGARETHA VIVIERS says:

      Ja nee kyk, Andre, hierdie posts voel soos ‘n laat Kersgeskenk! Vroeër die jaar het ons ‘n draai in Amalfi gegooi, mense vra watter een ek die meeste geniet het, Amalfi of Cinque Terre en ek weet regtig nie wat om te antwoord nie, albei was amazing! Elkeen het sy eie atmosfeer wat ek vreeslik baie geniet het. Nou ja, voorspoed vir julle twee daar in Goosebay ook! Groete

  2. VICTORINE KOCK says:

    Hi goeie dag Connie.

    n mooi 2017 vir jou en manlief. Ek was so in my noppies toe ek jou artikel Nov 2016 en Januarie 2017 sien.
    Ek geniet altyd jou leesstof, ek leef my self daarin en raak verlore. Welkom terug en dankie vir die pragtige fotos. Ek staar uit my kantoor venster hier in Gordons Baai en voel so blessed om so ‘n pragtige uitsig te het en met sulke surroundings elke dag te kan werk.

    • Jy is welkom Victorine!!!! Ek was verslae oor die Argus toer (wag wag ek lees dis nie meer die Argus nie maar booh, anderse naam deesdae kani onthou wat dit nou genoem word) wat letterlik “weggewaai” het in die Kaap Sondag. En die brande in Somerset-wes area….en die Kaap het nie water. Tog, die uitsig uit Gordonsbaai kan net wonderlik wees dan nie?! Geniet!!!!

Comments are closed.