AUGURI vir die Nuwejaar!!!!!!

Helloooooo hier op ‘n  koue wintersaand aand terwyl julle braai.  O griet dis winter – eerste ligte sneeu het gisteraand geval.  Dis HOOG tyd.  Ons het ‘n betreklik warm winter tot dusver gehad.  Die dorpenaars het weer eens ‘n pragtige “Nativity”  gehad hier onder in ons straat…..as als goed gaan, herhaal hulle dit op “Befania” (publieke vakansiedag op 6 Januarie).  Onder: ‘n Ou geskenkie uit Kaapstad is elke jaar hier voor ons deur:

 “Merry Christmas from Africa”

IMG_20151219_111009_1

Voordat ons die nuwejaar ingaan, wens ons julle die allerbeste nuwejaar – ons kan net hoop dat dinge beter gaan.  Dat Suid-Afrika Zuma kan elimineer.  Die RAND herstel (sodat julle meer kan toer!!) –  dat Europa ISIS onner die tafel intrap – dat  Amerika hulle droom vind – Asia hulle lug kan skoon maak!  Die ou wêreld is baie deurmekaar.  Maar laat ons nie oor negatiewe dinge gesels nie!! GLAD NIE!

Ons stap vorentoe.  Pastaman het seker gemaak sy nuwejaar begin op ‘n nuwe noot – hy verander van werk!  BASTA!  Hy soek nuwe weivelde…..

 

Nouja, julle hou van fotos. Ek sal probeer om vir julle nuwighede op te laai in die nuwejaar.  Tog, my Trullie huisies  ervaring was een hoogtepunt om die oujaar mee af te sluit!  Oe dit was so lovely.   Nadat ek die beste beste, mees fynste Fondente sjokolade gekry het vir Kersfees (en ek is nie lief vir Fondente nie  – donker sjokolade) het dit my eenvoudig oortuig Sicily GAAN ek in 2016 beleef.  Want hierdie sjokolade kom vanaf Modica in Sicily. In my hele lewe, het ek nog NOOIT sulke sjokolade geproe nie. (Lindt kom nie naby nie) Dit was uit ‘n mengsel van produkte in my Kerspakkie vanaf Pop se ander ouma (Milaan ouma).  Toe ek die oranje boksie so bekyk vanaf Antica Dolceria Bonajuta….dog ek meer dit klink soos iets uit  ‘n APTEEK!  Die vrou (Milaan ouma)  is behep met alles wat organies is en natuurlik en skoon en en en…..en daarom het die boksies wat ek een vir een uitgehaal het, met groot twyfel bekyk. Maar sy leer my toe iets nuut!!!!!   ‘n Ander  sakkie “organiese”nougat moet ek nog oopmaak……soek na die regte dag.   Ek is gaaaaande oor nougat (Torrone) maar organiese nougat nog nie geproe. Nie eers geweet dit bestaan nie!

Terug na die sjokolade uit Sicily:  wat hierdie Fondente spesiaal maak, is die super fyn suiker kristalletjies wat jy daarin proe.  Dis ongelooflik.  Ek kan dit nie beskryf nie.

Bonajuto - Vaniglia - 100g

Prys: 200 gr  2,80 euro

  

Sal WAT gee om meer van hulle produkte te probeer bv. die Lemoen- en lime skil koekie – kan net HEMELS wees. Ofskoon ons met Kersfees spesiale produkte te koop kry en nie regdeur die jaar nie. Ek lees hierdie is nogal vir die feestyd:

Prys: 200gr  6 euro

 

Ons het na Kersfees weer eens na Nice in Frankryk gery om ‘n vriend uit Parys te ontmoet onder andere.  Natuurlik om SON te soek wat ons mildelik daar gevind het…..pragtig!  Pryse in Nice is hemelhoog – en dit bring mee dat ons sekerlik twee maal sal dink voordat ons weer gaan. Om 2,90 eu (1,10 eu in Italië) vir ‘n cappuccino te betaal is te erg.  Daar is nie ‘n BAR waar jy vinnig koffie kan afsluk nie.  ‘n Espresso kos 1,50 euro (1 eu in Italy).  ‘n Bord pasta kos jou in Nice niks onder 12,9o eu nie.  (MAL!).  En dit proe soos ‘n klap voor die gat!  Opgewarm sonder smaak…….nee nee. Vleis was nog altyd heerlik daar let wel. Ek verwys na die area teenaan die kus – middelpunt van Nice se toeriste area.  Dalk kan dit anders weer verder na die buite wyke.  Om die motor te parkeer, kos jou 42 eu vir 2 dae. Soek jy hotel met parkering, is dit verder vanaf seekant.  En jy betaal meestal steeds, vir parkering!

Ek heg paar fototjies vir diegene wie lus het vir kuier!!!!

IMG_20151227_121700 IMG_20151228_113028

Nice 2015 015 Nice 2015 016

Links: sout en speserye (‘n hele winkel vol!!) en olywe….te kus en keur!!!!

Die ou stad was eens onder Italië se beheer en een van die grootste aantreklikhede in Nice. Heerlik om daar deur te wandel (net nie op ‘n Sondag nie!) en na al die winkels en souveniers te kyk……

IMG_20151226_171147 IMG_20151226_162957

Links kyk ek uit na die lieflike panorama uit Chip se hotelkamer in Promenade des Anglais!   Regs wandel ons op die promenade langs die Costa de Azzur…werklik die mooiste gesig!

Nice 2015 007 Nice 2015 013

Twee kontraste: sonsondergang en die see gedurende die dag

Nice 2015 021

Monaco oorkant maar die son was teen die kamera en niks reg! Dink altyd so aan Prinses Charlene wie daar woon…..eintlik hartseer.  Haar land bestaan uit een groot STAD! ‘n Beton oerwoud en speelplek vir die rykes….hopelik gaan drink sy gereeld ‘n Cappuccino in Nice! 

Cheers vir eers!!!!!  Praat spoedig weer.

Risultati immagini per auguri di buon anno nuovo

NS  Ek moet julle wys wat vind ek verlede week:  wat kos ‘n blikkie Baked Beans hier in ons supermarkte:  plein eenvoudige baked beans – in SA is dit tog goedkoop kos?  Ek was woordeloos…..

IMG_20151230_154120

Ja julle lees reg……hele 2,99 euro vir ‘n blikkie!!!!!!  Gereken @ R15/1 EU  = R44,85

Wat kos een blikkie in SA?

 

Posted in Uncategorized | 4 Comments